Australies-Antarktiese Gebied (Engels: Australian Antarctic Territory) is 'n sektor van Antarktika wat deur Australië as deel van sy nasionale grondgebied beskou word. Die provinsie is omtrent 5 896 500 km² groot en vorm die grootste van Antarktika se aansprake. Die gebied word slegs deur die Verenigde Koninkryk, Nieu-Seeland, Frankryk en Noorweë erken en is driehoekige gedeelte wat tot by die Suidpool strek en word begrens deur die 45° Oos- en 160° Oos-meridiane en die 60° Suid-breedtegraad.